Wie is ons as Just Kids Global

Wanneer ons by ‘n organisasie betrokke raak, wil ons darem so ietsie meer weet van die mense wat in beheer is. JKG se bestuurspan is familie gedrewe, egenote/s en kinders is ons hoof prioriteit. In al ons bediening spanne speel ons gesinne ‘n belangrikke rol.

Wie is ons:

JKG is ‘n Christin gebaseerde organisasie wat fokus op oprigtings werk onder kinders en families. Ons poog om te help met opbou, herstel en herbou van kerke se kinderbediening. Oprig en toerusting van mense wat in kinderbediening werk. Christin gemeenskappe in dorpe en voorstede bemagtig. Om Christin waarde sisteme weer te laat opleef in ons land en selfs wêreld wyd..

Struktuur:

Ons droom daaroor om ‘n JKG klub in elke dorp of stad van Suid Afrika te stig en ‘n plek te hê waar kinders na kan uitsien om heen te gaan.

JKG se struktuur is gegrond op Jetro se verdeling beginsel. Alhoewel ons nou nog in die opwaartse groei kurwe is, probeer ons reeds die beginsel toepas.

Ons droom is eerstens JKG sentrale hoofkantoor vanwaar opleiding en meer geskied, met distrik kantore in elke provinsie. Onder elke JKG distrik sorteer drie tot ses areas met ses JKG Klubs onder elk. “Just Kids Global Club” gronde / geboue sal optimaal aangewend word vir kinder of kinder verwante oprigtings werk. Laat kinders weer kinders wees.

As jy nie droom nie gaan jy nêrens kom nie. Een ding van JKG, ons is nie bang om te droom nie. Op die huidige stadium is daar amper 90 JKG Klubs oor meeste provinsies versprei. 324 JKG kan defnitief ‘n impak maak.

JKG se oorsprong:

“Niks sal te veel wees vir my Here, niks”. Die Here ken my bereidheid en diensbaarheid. Ek het nog altyd in naïwiteit alles wat ek aanpak in dankbaarheid teenoor die Here aangepak, want ek was en is so dankbaar dat Hy my raak gesien het en bruikbaar gevind het.

Ek is die oorspronklike stigter van Kids 4 Christ Ministries, waaruit Just Kids Global opgerig is. Kids 4 Christ het oorwegend in kinderhuise bedien waar Just Kids Global se aanslag op kerke, skole en dorpe se kinders se ondersteuning is. Die visie sluit nie enige kind uit nie.

Ons bediening het in 2002 ontstaan in ‘n kerk kombuis in ‘n gesprek tussen my en Anna-Marié Rex waar ons geïdentifiseer het dat daar behoefte is aan bediening in kinderhuise.  Ons het goedkeuring gekry om kinderhuise te besoek, maar het geen ondervinding gehad behalwe Sondagskool. Wel daar het ons bietjie, bietjie baie geleer, veral uit ons foute.

Eers het ek en Anna-Marié alleen ingegaan by die een kinderhuis, en daarna begin om ‘n span van eenderse denkende interdenominale leiers om ons en die doel op te bou. Ons het ons eerste klank stelltjie gekoop en die Here vertrou vir elke sent. K4C het van bediening in 1 kinderhuis gegroei tot 12 kinderhuise wat oor die land met verskeie spanne bedien is. 

Die sukses van ons bediening lê daarin om jou werk voortdurend te dupliseer. Ons het nuwe begrippe geleer  soos konstitusie, NPO, PBO en meer. Die Here het die regte mense oor ons pad gebring om ons leiding te gee. God ontwikkel mens op elke vlak volgens die behoefte van die seisoen.

Die finansies het op ‘n stadium opgedroog en ons kon nie voortgaan om Kids 4 Christ se jaarlikse state in te dien. Daar het ons die fout begaan om die NPO te ontbind. Uit K4C het Just Kids Global later sy ontstaan gehad.

Hoe kan jy betrokke raak?

Woon ‘n opleiding in jou gebied by. As daar nie een, kan jy dalk as ‘n gasheer optree. Op die oomblik is ons gesentreer in Pretoria en aan die Rand. Ons beoog ook streeks opleidings toere na verskillende provinsies.

Nooi ons en help ons bemark in jou direkte omgewing. Hoe meer gemeentes saamstaan hoe meer raak ons bekostigbaar. Skole is net so welkom ons te nooi. Dalk ‘n “cluster” van skole in ‘n gebied.

Raak deel van die groter prentjie deur aan te sluit as ‘n JKG club of ‘n lid van ‘n klub. Stel jou skool of kerk beskikbaar as ‘n JKG basis.

Word deel van ons opleiding span. Ons lei jou op om te kan oplei.

Word op ‘n stadium deel van ons Koördinering of bestuur span wat insluit, admin, finansies, bemarking, bemarker, lesplanne, bedien span, “puppeteers”, ontwikkeling, fasiliteite, oprigting, befondsing, medies, media en produksie, fotograaf, video editor, gebedspan en waaraan jy ookal kan dink.

Geen instansie kan effektief funksioneer sonder finansies nie. Ons het persone nodig wat kan help om kreatief te dink en uit te voer om finansies te in. Ons het persone en besighede nodig om finansieel in JKG in te saai en so te belê in ons taak om Kids toe te rus. Ons rekening besonderhede: Just Kids Global, Absa tjek rekening 4102 0898 47

Gebed en intersessie: Tree asb vir JKG en die wêreld se kinders om hul hul harte te gee vir Jesus en vir Hom te lewe. Gebed is die organisasie se ruggraad.